Hy was van Duits-Engels-Afrikaanse afkoms, maar deur-en-deur Boer en toe die Britte kom aanklop, het hy hom na die front gehaas en daar gebly tot die oorlog verby was.
Roland William Schikkerling was 'n jong Johannesburger, deeglik opgevoed, 'n fyn waarnemer en jare later, met sy omvattende oorlogdagboek as primêre bron, het hy een van die grootse werke oor die Vryheidsoorlog geskryf: "Kommando Kordaat."
Net een ding het hierdie manne in die veld gehou deur ongenaakbare winters heen, deur hartverskeurende afskeid van hulle geliefde perde wat deur epidemie afgemaai is, deur die skielike aanvalle, genadelose aanslae, voortdurende bombardemente, deur honger en dors en koue en verpletterende verliese... net een ding: Die strewe na vryheid!
The lion has since prehistoric times mystified, terrified and fascinated man. No other animal has been so revered, feared or misrepresented as the lion.
Ever since the first lion ate the first man, the two species have been locked in feud for dominance. In the last century, however, the King of the Jungle was finally subdued by the King of the Planet. The war against the lion is over; the battle for its survival is raging.
It is a book populated by scalawags and conmen, hunters and warriors from both sides. There is a one-armed lion tamer and a ninja lion. There are maneaters and stalkers. There are mythical, legendary and comic lions.
Ultimately it is a book about the greatest of ironies: the lion survived the worst man could fling at him, but now his existence is threatened by kindness.
Nobody should enter the conversation about the past, present or future of the lion if they have not read "Very Best of Enemies."
Wel, hoogtyd dat iemand dit sê! Gustav Venter op volle vaart, en wee die een wat in die pad van sy pen kom.
Nog nooit is die heilige koeie van Suid-Afrikaanse politiek met soveel uitbundigheid afgeslag, gedissekteer, verdeel en uitgestal nie. (Arme Max du Preez word sosaties!)
Hierdie bundel moet nie net gelees word vir die skalpelskerp politieke en sosiale insig nie, maar vir die suiwere vreugde om 'n vernuftige skrywer op sy allerbeste te beleef.