KOM KOEKELOER BY BOEKEBOER Shopping Cart (0)

Display c6e08708 d752 4715 8701 4375cfa6a66b

Kommando Kordaat

Ons is hulle nie waardig nie!

Hy was van Duits-Engels-Afrikaanse afkoms, maar deur-en-deur Boer en toe die Britte kom aanklop, het hy hom na die front gehaas en daar gebly tot die oorlog verby was.

Roland William Schikkerling was 'n jong Johannesburger, deeglik opgevoed, 'n fyn waarnemer en jare later, met sy omvattende oorlogdagboek as primêre bron, het hy een van die grootse werke oor die Vryheidsoorlog geskryf: "Kommando Kordaat." 

Net een ding het hierdie manne in die veld gehou deur ongenaakbare winters heen, deur hartverskeurende afskeid van hulle geliefde perde wat deur epidemie afgemaai is, deur die skielike aanvalle, genadelose aanslae, voortdurende bombardemente, deur honger en dors en koue en verpletterende verliese... net een ding: Die strewe na vryheid!

Ons is hulle nie waardig nie.

Bladsye: 433


Klik hier vir e-boek

$19.66


Uit voorraad (Out of stock)